‘n Vrieskas of enige ander huishoudelike apparaat het nie goeie tydsberekening as dit by breek kom nie.
Mense maak ‘n draai deur ons lewe en leer ons spesifieke dinge. Hulle leer jou stap vir stap hoe om iets te doen en ook die redes waarom dit só…
Die mensdom maak planne en pas aan om te probeer oorleef. Dit voel soms asof ons te vinnig aanpas. Te vinnig planne maak.
Die verstommende streke van inkopiegangers by die betaalpunt kan ‘n mens woordeloos laat en jou laat wonder waarheen goeie maniere is.
Dit is dierbaar hoe ons die Afrikaanse taal kan verbuig of lettergrepe kan herrangskik om ons eie woorde en begrippe te skep.
Dit is nie altyd jou skuld as dit met jou sleg gaan nie – soms is dit ander se besluite wat ‘n direkte negatiewe invloed op jou lewe het.
Dit sou soveel makliker wees as slegte nuus in spesifieke mates afgemeet was en periodiek op voorafbepaalde tye afgelewer word.
“Enige iemand wat lank genoeg in die Noord-Kaap bly weet dat daar in die somer geen koelte is nie. Niks is koel nie. Nêrens nie. Daar is net skaduwees.”
Die probleem is dalk nie soseer die feit dat ons kla nie. Die probleem is dalk dat ons nie by die regte mense of instellings kla nie.
‘n Ander waarheid is dat ‘n goeie humorsin ‘n mens ver in die lewe bring. Om die ligter kant van ‘n ernstige saak te sien kan senuwees en humeure in…