Slagoffers van narsisme begin twyfel wat hulle gesê of gedink of gedoen het. Narsiste is meesters daarin om verwarring te veroorsaak.
Ja nee, en hoor hier: Kort sinsnedes het soveel verskillende betekenisse
As jy moeg is, hoef almal rondom jou nie moeg te wees nie; as jy honger is, hoef jy nie almal se etenspatroon te laat aanpas nie.
Die koskas het ‘n geluidlose, verleidelike stem. ‘n Geneurie wat my binneste altyd hoor. Voor ek my kan kry, staan ek voor die koskas en die yskas.
Volgens Statistieke Suid-Afrika het jeugdiges 15 tot 24 jaar die hoogste werkloosheidsyfer. Die jeug vra: Waar is julle grootmense nou as ons ons matrieksertifikate wil wys?
Soms sê ons een ding, maar bedoel ons iets anders. Soms kry ‘n mens kans om die misverstand reg te stel. Soms nie.
Ons hou van erkenning. En dit kom gratis en verniet. Daarom moet ons maar aanleer om minder te kritiseer en meer te komplimenteer.
As ‘n slagoffer probeer dat ‘n narsis sy of haar behoeftes respekteer, ontaard dit in ‘n magspeletjie waarteen geen normale mens opgewasse is nie.
Almal van ons maak foute, almal hou nie ewe veel van alle mense nie, almal het mense wat moeiliker is om mee oor die weg. Tog, ons kan almal moeite…
Soms beland ‘n mens in ‘n penarie waarop jy nie voorbereid was nie. Jy het datums omgeruil. Jy het dalk besig geraak en tred met tyd verloor. Dit was nie…