‘n Enkele verkeerde besluit kan eindeloos ‘n marmotwiel in die gedagtes laat draai: “Hoe kon ek so onnosel wees?”
Uiteindelik is ons almal mense wat mekaar nodig het om te oorleef. Selfs al frustreer mense ons en ontken ons van tyd tot tyd hierdie ek-kan-nie-alleen-nie-konsep.
Hy het skaam gekry. Toe sy die halwe pakkie-oorskiet-skyfies so in sy hande stop. Toe dink hy – ek het werklik flenters geword. Ou Flenters is nou my naam.
Terwyl die aanlyn koper rustig met ledigheid of take in die afgetelde minute voortgaan totdat die kruideniersware afgelewer word, speel ‘n geveg in onderskeie supermarkte af.
My ouma het altyd gesê dis net jou gewete wat jou uit die slaap hou.
Toe ‘n moeg-moegheid hom oorval, het hy die kuur daarvoor op ‘n onverwagte plek gekry.
Ons almal ken die soort moegheid wat ons beetpak in ons daaglikse gespook en gespartel, en die bekommernisse wat daarmee saamgaan.
Narsiste floreer daarop om hul slagoffers te straf. Hulle straf hulle soos hulle goeddink en wanneer dit hulle pas. Sonder om ‘n oog te knip.
By dié plaasskool was dit nie vreemd om Lentedag te vier terwyl jou ysige hande om ‘n warm koppie sop gevou was nie.
Verjaardae moet ‘n mens vonkel en vonkelwyn saam met vriende drink. Finish en klaar.