TWYFELHOEKIE | Alle onreg hoef nie altyd geantwoord te word nie

Die plaas Twyfelhoek se hek.
Die pad na Twyfelhoek. FOTO: Verskaf

TWYFELHOEKIE | Alle onreg hoef nie altyd geantwoord te word nie


Niemand van ons hou daarvan om onreg te beleef of te ervaar nie. Om die waarheid te sê dit is aaklig en sny tot diep binne in menswees wanneer onreg beleef word.

Dit is wel belangrik om aan te leer dat alle onreg nie altyd geantwoord hoef te word nie. Inteendeel, dit is maar slegs die heel grootstes wat dit kan regkry om onreg teenoor jou gepleeg te kan neersit en te kan aanhou met dieselfde ywer, dieselfde krag en dieselfde toewyding as voorheen.

Hierdie kom nie altyd vanself vir enigeen van ons nie, daarom is dit ‘n aanleerproses. Om dit wat jou aangedoen is, nie terug te doen nie, om te aanvaar alles word nie altyd geantwoord nie en om te weet die lewe is gewoon nie altyd regverdig teenoor jou en ander nie.

Die lewe het ‘n interessante manier van voltooide sirkels en orde. Ook rondom onreg. Oom Piet Dekkers daar van Wolmaransstad het die mooi sêding gehad, daar van onder sy vyeboom: Wag tot die verkeerd van onreg se onreg gewys word. Dan sal jy weet dit was die wag werd.

Hierdie woorde van oom Piet is nie so eenvoudig nie. Dit vra geduld as jy te nagekom is, kalmte om te aanvaar dat dinge soms is soos dit is en begrip dat mense soms sake harder dryf as ander mense.

Maar, het oom Piet gewaarsku, hou oor jou hart die wag, sodat jou hart nie in die tyd van wag bitter word nie, want ‘n bitter hart is ‘n gevaarlike hart. ‘n Bitter hart word ‘n bril waardeur ‘n mens na die lewe en die wêreld en die mense begin kyk. Moenie dat bitter van onreg jou bril word nie, want dan gaan wat jy sien jou roeping uitdaag.

Moenie jou roeping laat kneus deur ‘n bril van onreg nie.

Toe sê oom Piet: Leer om nie alle onreg te antwoord nie. Gee kans dat die lewe sy loop loop.

LEES OOK: TWYFELHOEKIE | Mening vir elke saak, maar stilbly soms die beste

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article