Hy het skaam gekry. Toe sy die halwe pakkie-oorskiet-skyfies so in sy hande stop. Toe dink hy – ek het werklik flenters geword. Ou Flenters is nou my naam.
Toe ‘n moeg-moegheid hom oorval, het hy die kuur daarvoor op ‘n onverwagte plek gekry.
‘n Mens se hele lewe word jy omring deur eintlik net twee soorte mense – dié waarop jy kan staatmaak en dié wat jy nie kan vertrou nie.
‘n Mens moenie die hele winter vir die somer wag nie. Want dan gaan die mooi van die winter by jou verby. So het ouma Mart my geleer.
As jy moeg is, hoef almal rondom jou nie moeg te wees nie; as jy honger is, hoef jy nie almal se etenspatroon te laat aanpas nie.
Ons hou van erkenning. En dit kom gratis en verniet. Daarom moet ons maar aanleer om minder te kritiseer en meer te komplimenteer.
Almal van ons maak foute, almal hou nie ewe veel van alle mense nie, almal het mense wat moeiliker is om mee oor die weg. Tog, ons kan almal moeite…
Onthou, jou voorspoed maak jou nie beter as ‘n ander nie, jou voorspoed is ook nie verdienste nie; jou voorspoed gaan ook nie altyd voortduur nie.
Wees groter as enige persepsies. Te veel, te dikwels, word persepsies gevorm deur leuens, kwaadwillige bedoelings, onkunde of sommer net deur tyd of omstandighede.
Wanneer jy die voorreg het om te eet, en lekker te eet en genoeg te eet, dink aan dié wat nie daardie voorreg het nie.