Hy het skaam gekry. Toe sy die halwe pakkie-oorskiet-skyfies so in sy hande stop. Toe dink hy – ek het werklik flenters geword. Ou Flenters is nou my naam.
Toe ‘n moeg-moegheid hom oorval, het hy die kuur daarvoor op ‘n onverwagte plek gekry.
‘n Mens se hele lewe word jy omring deur eintlik net twee soorte mense – dié waarop jy kan staatmaak en dié wat jy nie kan vertrou nie.
Onthou is belangrik. Om te kan vergeet, is net so belangrik. As jy wil onthou, moet jy ook die gawe wil hê om te vergeet.
Almal het mooi en lelik om te onthou as ons terugkyk op ons lewenspad. As ‘n mens dink aan gebeure, tye, plekke en mense.
Daar is dikwels te veel konflik tussen mense en te min vordering met ‘n projek omdat jou doelwit nie meer jou droom is nie en jy nie meer gedryf word…
Twee keer in my lewe het ek die tragiese ding beleef dat wanneer iemand sterf, daar niemand is om hom of haar te begrawe nie.
‘n Mens moenie die hele winter vir die somer wag nie. Want dan gaan die mooi van die winter by jou verby. So het ouma Mart my geleer.
Soms bring ons ons tyd deur met dinge van waarde en soms mors ons ons tyd gewoon op dinge wat nie goed is vir ons nie. Baie van ons lewe…
As jy moeg is, hoef almal rondom jou nie moeg te wees nie; as jy honger is, hoef jy nie almal se etenspatroon te laat aanpas nie.