Die slagoffer van ‘n beweerde verkragtingsvoorval in ‘n hospitaal het glo teen medici se advies op bykomende medikasie aangedring.
Die Noord-Kaapse LUR vir paaie en openbare werke het haar bedanking by die premier ingedien.
Wanbetaling van salarisse by vyf munisipaliteite in die Noord-Kaap is die jongste bewys van voortdurende finansiële wanbestuur op munisipale vlak.
Die huurkontrak van die Kantoor van die Noord-Kaapse Premier gaan moontlik kanselleer word nadat die OG glo onreëlmatighede in die toekenning daarvan gevind het.
Luidens verslae aan die provinsiale wetgewer, sê opposisiepartye ’n fraksie van beloofde huise is voltooi, ondanks honderde miljoene rande reeds bestee.
‘n Somber prentjie van sistemiese mislukking, swak finansiële bestuur en ‘n tekort aan vaardighede in Noord-Kaapse munisipaliteite word in ‘n MRK-verslag geskets.
Middelpos in die Bo-Karoo, ‘n dorp langs die R354 ongeveer halfpad tussen Sutherland en Calvinia in die Noord-Kaap, word volgende maand op ‘n veiling te koop aangebied.
Voortaan sal “King Arthur”, soos hy reeds in die Noord-Kaap genoem is, se naam in dieselfde asem as die “Queen of Two Oceans”, Gerda Steyn, genoem word.
Om onverwags op sewe bakoorjakkalse af te kom, is ‘n besondere ervaring.