Noord-Kaapse behuisingsprojek ‘n “skande”: Miljoene bestee terwyl beloftes wankel

Luidens die departement is die finale fase van die Jacksonville 139-behuisingsprojek in Wyk 30 suksesvol afgehandel, met die oorblywende 22 huise wat vandeesweek amptelik aan hul regmatige begunstigdes oorhandig is.
Luidens die departement is die finale fase van die Jacksonville 139-behuisingsprojek in Wyk 30 suksesvol afgehandel. FOTO: Coghsta NC

Noord-Kaapse behuisingsprojek ‘n “skande”: Miljoene bestee terwyl beloftes wankel

Luidens die departement is die finale fase van die Jacksonville 139-behuisingsprojek in Wyk 30 suksesvol afgehandel, met die oorblywende 22 huise wat vandeesweek amptelik aan hul regmatige begunstigdes oorhandig is.
Luidens die departement is die finale fase van die Jacksonville 139-behuisingsprojek in Wyk 30 suksesvol afgehandel. FOTO: Coghsta NC

KIMBERLEY – Die Noord-Kaapse provinsiale regering word gekritiseer oor die sogenaamde “Versnelde behuisingsprojek” wat volgens politieke leiers in finansiële wanbestuur en verbreekte beloftes ontaard het op die vooraand van die munisipale verkiesing op 4 November.

Luidens verslae wat op 5 Mei aan die provinsiale wetgewer voorgelê is, sê opposisiepartye slegs ’n fraksie van die beloofde huise is voltooi, ondanks honderde miljoene rande wat reeds bestee is.

Dit volg op die soveelste oorhandiging waarin dr. Zamani Saul, premier, en Bentley Vass, LUR vir Samewerkende Regering, Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake, huise op 29 April aan Noord-Kapenaars gegee het as deel van die R1 miljard-behuisingsprojek. Dit is in 2024 deur die Noord-Kaapse provinsiale regering bekendgestel om die behuisingsagterstand op te los.

Die jongste klomp huise is op 29 April by Ganspan (71) en Jacksonville (139) in onderskeidelik die Phokwane- en Sol Plaatje- plaaslike munisipaliteite oorhandig

Gizella Opperman, DA-woordvoerder oor samewerkende regering, voer aan dat as daar gekyk word na Saul se aanvanklike belofte in Desember 2023 van 6 500 huise, die leweringsyfer op ’n skamele 7% staan. Volgens Opperman is die provinsie nou 28 maande verder as die aanvanklike spertye, met slegs sowat 480 huise wat werklik gebou is.

Sharifa Minnie, Noord-Kaapse voorsitter van die Patriotic Alliance (PA), beskryf die projek as ’n “skande”. Sy wys daarop dat hoewel die regering 2 500 huise beloof het, daar volgens haar berekeninge net 471 huis (ongeveer 19%) voltooi en oorhandig is.

Die projek, wat deur die Ontwikkelingsbank van Suid-Afrika (DBSA) gefinansier word, word gekenmerk deur stygende kostes:

  • Besteding: Reeds R186 miljoen tot R204 miljoen is uitgegee.
  • Begroting: Die oorspronklike begroting van R633 miljoen het reeds tot meer as R723 miljoen gestyg weens vertragings en nuwe kontrakteur-aanstellings.
  • Koste per eenheid: Waar die oorspronklike beraamde koste sowat R240 000 per huis was, bereken Minnie dat die effektiewe besteding nou nader aan R395 000 per voltooide eenheid is.

Opperman waarsku dat 68% van die eerste R300 miljoen-toelae reeds opgebruik is, terwyl die fisiese vordering teen ’n “slakkepas” geskied.

Opperman sê die nuwe befondingsmodel, wat groot bedrae geld vrystel vóór uitvoering, het eerder “finansiële wanbestuur as infrastruktuurlewering versnel”.

Die DA eis groter aanspreeklikheid van die departement en sy agente.

Die departement skryf die vertragings toe aan ’n tekort aan boumateriaal in die Noord-Kaap, maar Minnie verwerp dit as “onaanvaarbaar” en blameer swak projekbestuur en onrealistiese spertye. Volgens amptelike verslae is 19 kontrakteurs aangestel, waarvan ses reeds beëindig is. Slegs 11 uit 500 huise is in die ZF Mgcawu-distrik oorhandig. Slegs 10% van die huise in die Namakwa en Pixley Ka Seme dsitrikte deur betrokkeagente gelewer.

Minnie beskuldig die regering daarvan dat hulle tydens verkiesingstyd “hoop  aan kwesbare gemeenskappe voer” sonder om eerlike tydlyne te verskaf.

Sy noem dit die “silly season” voor verkiesings waar projekte soos dié in Upington en Roodepan opgehemel word vir politieke gewin.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article