Leerders van hoërskole in die Atlantis-gemeenskap het aan die geleentheid deelgeneem en hul kreatiwiteit en tegniese vaardighede deur ‘n boeiende robotikademonstrasie ten toon gestel.
’n Ma wat op vier aanklagte van verkragting teregstaan, het Donderdag 16 Oktober tydens haar borgtogaansoek in die Atlantis-landdroshof volgehou dat die bewerings teen haar deel van ’n komplot is.
Sebastian “Basie” Douman verskyn op aanklagte van drie moorde en verkragtings in Atlantis, terwyl inwoners verligting oor sy inhegtenisneming uitspreek.
’n Ma wat van seksuele misbruik van haar twee minderjarige kinders beskuldig word, ontken die aanklagte tydens haar borgaansoek in Atlantis.
’n Verdagte verskyn in die hof in verband met drie vroue se grusame sterftes in Atlantis, wat inwoners jare lank ontstel het.
Die beweerde voorval in Atlantis het kommer oor die veiligheid van spinning-byeenkomste laat ontstaan. Die omstandighede rondom die negejarige se dood moet nog behoorlik ondersoek word.
Bradley Hartlief (18) se dood laat sy gesin met hartseer en vrae, terwyl hulle antwoorde en geregtigheid vir hom soek.
Meer as 500 leerders van agt provinsies het aan die 17de Sanlam-WOW-Spelfees deelgeneem, waar Atlantis-leerders met verskeie medaljes weggestap het.
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) waarsku strandgangers, hengelaars, stappers en enigiemand wat tyd by die see, riviere, damme of ander watermassas deurbring, om hul aktiwiteite rondom die weer, gety en plaaslike…