Wiel kom af tydens onwettige spinning, tref negejarige noodlottig teen kop

Die beweerde voorval in Atlantis het kommer oor die veiligheid van spinning-byeenkomste laat ontstaan. Die omstandighede rondom die negejarige se dood moet nog behoorlik ondersoek word. Foto ter illustrasie: Shaan Mark | Unsplash

ATLANTIS – “Julle sal na vore moet kom en verklarings aflewer oor wat gebeur het tydens die naweek se onwettige spinning wat die dood van ‘n negejarige veroorsaak het.”

Dít is die boodskap van gemeenskapaktivis Peter Stoffberg van #PiempHulle-faam.

Stoffberg het ’n beroep op die meisietjie – wie se naam nog nie bekend gemaak is nie – se familie, die betrokke motorbestuurder en enige moontlike getuies gedoen om na vore te kom en die omstandighede rondom die voorval aan die polisie te verduidelik. Die kind is van Eastridge in Mitchells Plain.

Volgens Stoffberg het hy agtergekom dat die voorval en die kind se dood nie by die Atlantis-polisiestasie of enige ander polisiestasie aangemeld is nie, toe hy navraag daaroor gedoen het.

Die beweerde voorval in Atlantis het kommer oor die veiligheid van spinning-byeenkomste laat ontstaan.
Die beweerde voorval in Atlantis het kommer oor die veiligheid van spinning-byeenkomste laat ontstaan. Die omstandighede rondom die negejarige se dood moet nog behoorlik ondersoek word. Foto ter illustrasie: Siebe Leenders | Unsplash

Kapt. Lisa Munro, polisiewoordvoerder by die Atlantis-polisie, die kind se dood bevestig. Die kind is in die Netcare Blaauwberg-hospitaal oorlede en daarom ondersoek die Tableview-polsiie die saak verder.

Die familie het aangedui dat hulle vandag (13 Oktober) amptelik die kind se dood by die polisie gaan aanmeld.

Volgens inwoners se kommentaar op Stoffberg se Facebook-plasing het die wiel van een van die motors wat aan die onwettige spinning-byeenkoms deelgeneem het, vermoedelik losgekom en die negejarige teen die kop getref. Daar word ook beweer dat die kind vinnig in ‘n motor na die Blaauwberg-hospitaal geneem is om te keer dat die Atlantis-polisie betrokke raak.

Die polisie vra dat enige video-opnames, selfoonmateriaal of ander bewyse wat lig op die voorval kan werp, met die polisie gedeel sal word.

“Die doel is om te verseker dat die omstandighede rondom die kind se dood behoorlik ondersoek word en dat enige moontlike verantwoordelikheid deur die toepaslike regsproses bepaal word,” het Munro verduidelik.

Onwettige byeenkomste wek kommer

Die voorval het ook kommer laat ontstaan oor die veiligheid van onwettige spinning-byeenkomste en die moontlike gevolge wanneer sulke geleenthede sonder behoorlike beheer plaasvind.

Volgens Stoffberg weet hy reeds van verskeie ernstige voorvalle in Atlantis en elke keer sterf dit net ’n stille dood.

Organiseerders van sulke geleenthede kan, afhangend van die omstandighede en die beskikbare getuienis, moontlik aanspreeklik gehou word indien nalatigheid of ander onregmatige optrede bewys kan word, verduidelik hy in sy soeke na geregtigheid vir die familie.

Die publiek word aangemoedig om nie relevante inligting terug te hou nie, maar om dit eerder aan die ondersoekbeamptes beskikbaar te stel. Getuies moet ook nie ongeverifieerde bewerings of sensitiewe beeldmateriaal op sosiale media versprei wat die familie verder kan benadeel of ’n moontlike ondersoek kan bemoeilik nie.

Die dood van ’n kind is ’n ernstige saak wat deeglike ondersoek en verantwoordbare optrede vereis.

Enige persoon met inligting oor die beweerde voorval word versoek om die Atlantis-polisiestasie te kontak en ’n verklaring af te lê.

“Petrol kos R30 per liter en julle gaan nog mors!” was ‘n leser se kommentaar oor die voorval.

Stoffberg het die gemeenskap gewaarsku dat onverantwoordelike gedrag ernstige gevolge kan hê.

LEES OOK: Drie mans in Atlantis ná vinnige jaagtog vasgetrek

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 13 October 2026
    WeskusNuus E-Edition – 13 October 2026

Gift this article