Woorde gee uiting aan ‘n magdom emosies .Liefde. Wanhoop. Trots. Woede. Vrees. Van al hierdie woorde gaan daar iewers ‘n laaste woord of woorde wees.
Rooypa kry sy tweede tatoeëermerk. Dalk was dit die komende 4-0 of ’n midleefkatarsis wat tot sy besluit bygedra het om ’n tweede tat 11 jaar ná sy eerste inksel…
Daar is mense wat te midde van groot lawaai steeds baie gefokus ‘n sekere taak kan verrig. Ander mense het absolute stilte nodig om dieselfde taak te kan verrig.
Onthou, jou voorspoed maak jou nie beter as ‘n ander nie, jou voorspoed is ook nie verdienste nie; jou voorspoed gaan ook nie altyd voortduur nie.
Soms, met ‘n onverwagse positiewe belewenis, besef ‘n mens: Laat ons met dieselfde oortuiging en oorgawe waarmee ons kritiseer, ook lof toeswaai wanneer dit op ons pad kom.
Wanneer jy soms weens omstandighede buite jou beheer tot stilstand gedwing word, bring dit ‘n onverwagse kalmte in jou dag.
Narsiste het twee stelle reëls. Een vir hulleself. Een vir hul slagoffers. Hulle mag sekere goed doen; hul slagoffers glad nie. Hulle mag die reëls breek; hul slagoffers glad nie.
Wanneer jy die voorreg het om te eet, en lekker te eet en genoeg te eet, dink aan dié wat nie daardie voorreg het nie.
Terwyl kunsmatige intelligensie en tegnologie moeite minder maak, raak die moderne mens glo al hoe swakker, lui, en minder in staat om uitdagings te hanteer.
Haar woorde tref my soos ‘n vuishou. Haar hele houding getuig daarvan dat hierdie optrede vir haar sin maak en geregverdig is.