Sy sê sy het nog nooit ‘n omie met ‘n bles teëgekom wat nie vriendelik en hulpvaardig is nie. “Hulle is bles en ‘blessed’,” sê sy.
Tussen Werkersdag en Moedersdag is daar ‘n verband – moederfigure is in werklikheid verantwoordelik vir die grondslag van die werksmag van ‘n volgende geslag.
Met die verskyning van hierdie rubriek is die 15 jaar mylpaal bereik. Wat ‘n wonderlike voorreg om weekliks gedagtes, gebeure, teleurstellings, vreugdes en meer te kan deel.
Rooyma stuur gereeld skietgebedjies op en soms is hierdie smeekgebede selfs hoorbaar vir die Rooymiere, soos wanneer sy vra vir krag, geduld of wysheid
Met onverbiddelike trant skaaf en wysig tyd aan moontlikhede, omstandighede en toekomsverwagtings.
‘n Vrieskas of enige ander huishoudelike apparaat het nie goeie tydsberekening as dit by breek kom nie.
Is mense dan so moeilik? Of dink ons mense is moeilik as hulle van ons verskil? Of het mense gewoon net so geword dat hulle hul sin moet kry in…
Die mensdom maak planne en pas aan om te probeer oorleef. Dit voel soms asof ons te vinnig aanpas. Te vinnig planne maak.
Die verstommende streke van inkopiegangers by die betaalpunt kan ‘n mens woordeloos laat en jou laat wonder waarheen goeie maniere is.
Dit is dierbaar hoe ons die Afrikaanse taal kan verbuig of lettergrepe kan herrangskik om ons eie woorde en begrippe te skep.