Narsiste floreer daarop om hul slagoffers te straf. Hulle straf hulle soos hulle goeddink en wanneer dit hulle pas. Sonder om ‘n oog te knip.
Leer oor die uitdagings van die hantering van ‘n narsis en hoe hulle hul probleme op geliefdes kan projekteer.
Leer oor die stryd en realiteite van die lewe met ‘n narsistiese ma, gevul met persoonlike besinning.
Om verskeie redes walg slagoffers se prestasies narsiste. Narsiste blink gewoonlik nie in iets uit nie, daarom mag hul slagoffers ook nie in iets uitblink nie.
Slagoffers van narsisme begin twyfel wat hulle gesê of gedink of gedoen het. Narsiste is meesters daarin om verwarring te veroorsaak.
As ‘n slagoffer probeer dat ‘n narsis sy of haar behoeftes respekteer, ontaard dit in ‘n magspeletjie waarteen geen normale mens opgewasse is nie.
Narsiste het twee stelle reëls. Een vir hulleself. Een vir hul slagoffers. Hulle mag sekere goed doen; hul slagoffers glad nie. Hulle mag die reëls breek; hul slagoffers glad nie.
Haar woorde tref my soos ‘n vuishou. Haar hele houding getuig daarvan dat hierdie optrede vir haar sin maak en geregverdig is.
Narsiste lieg. Blatant. Sonder om ‘n oog te knip. Sonder om wakker te lê. Om redes wat vir min mense sin maak.
Gedurende daardie jaar het my ma my keer op keer op keer herinner aan hoeveel moeite ek haar met my hoofmeisieskap besorg. Dit was verwyt op verwyt op verwyt.