Hoërskool Witteberg se tienertoneelspan het verskeie toekennings by die Allegretto Toneelfees in Ermelo ontvang.
Hoërskool Witteberg in Bethlehem het P.W. van Aswegen as die skool se nuwe hoof aangestel, terwyl Jaco Ackerman ook tot die bestuurskorps toetree as die nuwe adjunkhoof.
Volgens Du Plessis het hy My Lewe in ‘n Hartklop geskryf omdat hy glo sy verhaal ander kan bemoedig en bewustheid oor orgaan-, weefsel- en bloedskenking kan bevorder.
Weens Witteberg se deelname aan die Suid-Afrikaanse netbalkampioenskap is nie al die beplande netbalwedstryde teen Diamantveld afgehandel nie.
Die tienertoneelgeselskap van Hoërskool Witteberg in Bethlehem het met die produksie (Op)soek na Sondag aan twee toneelfeeste deelgeneem. Die groep sal op 24 Julie in Durban aan die ATKV-Tienertoneelkompetisie deelneem.
Marjulyn Myburgh het vanjaar die Comrades-ultramarathon in 11 uur en 34 minute voltooi en sodoende haar “Back-to-back”-prestasie behaal.