Ruiter se insluiting in nasionale pensteek-span laat besering in die stof agter

Lila Serfontein (17) van die Bethlehem-pensteek-klub op die nasionale byeenkoms in Beaufort-Wes.
Lila Serfontein (17) van die Bethlehem-pensteek-klub op die nasionale byeenkoms in Beaufort-Wes. FOTO: Verskaf

Ruiter se insluiting in nasionale pensteek-span laat besering in die stof agter

Lila Serfontein (17) van die Bethlehem-pensteek-klub op die nasionale byeenkoms in Beaufort-Wes.
Lila Serfontein (17) van die Bethlehem-pensteek-klub op die nasionale byeenkoms in Beaufort-Wes. FOTO: Verskaf

‘n Gekraakte elmboog kon Lila Serfontein (17) nie van stryk bring nie. Dié Kroonstadse pensteekruiter het ondanks die besering haar beste vertoning tot nog toe gelewer en ‘n plek in die nasionale president-meisiespan verseker.

Lila, ‘n leerder aan die Hoërskool Witteberg in Bethlehem en lid van die Bethlehem-pensteekklub, het die afgelope vakansie aan die nasionale pensteekbyeenkoms in Beaufort-Wes deelgeneem. Haar vertoning het haar ook die titel as beste ruiter (meisies) in die interprovinsiale toernooi besorg. Dit is ‘n besonderse prestasie vir dié jong ruiter, wat onseker was of sy enigsins aan die byeenkoms sou kon deelneem.

Lila Serfontein (regs) saam met haar afrigter, Glynneth Meyer.
Lila Serfontein (regs) saam met haar afrigter, Glynneth Meyer, met die trofee vir beste ruiter (meisies) in die interprovinsiale pensteektoernooi. FOTO: Verskaf

Lila se insluiting in die nasionale span gee haar die geleentheid om in Desember aan die jeugspele deel te neem en haar vaardighede teen ander van die land se voorste jong pensteekruiters te toets.

Sy het ook as deel van die Gauteng-span tot ‘n indrukwekkende spanvertoning in die meriete-afdeling (A-afdeling) bygedra.

Die span het goud in die afdelings vir Indiese gelid met lans en Indiese gelid met swaard verwerf, terwyl hulle silwer in die seksie-lans-afdeling behaal het. Die span is boonop as die beste provinsiale span in die meriete-afdeling aangewys.

Lila se spanmaats, Janco Oosthuizen, Drian Oosthuizen en Lizelle Cilliers, het eweneens ondanks hul eie beserings sterk vertonings gelewer.

Lila word by die Bethlehem-pensteek-klub deur Glynneth Meyer afgerig.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article