Hoërskool Witteberg se tienertoneelgeselskap het onlangs met die produksie (Op)soek na Sondag aan die Reza de Wet Toneelfees in Bloemfontein en die Sê-Net Toneelfees in Johannesburg deelgeneem. Die groep berei hulle nou voor vir die ATKV-Tienertoneelkompetisie wat op 24 Julie in Durban aangebied word. Foto:Witteberg Facebook
Hoërskool Witteberg se tienertoneelgeselskap het onlangs met die produksie (Op)soek na Sondag aan die Reza de Wet Toneelfees in Bloemfontein en die Sê-Net Toneelfees in Johannesburg deelgeneem. FOTO: Witteberg Facebook

Hoërskool Witteberg se toneelgeselskap neem deel aan feeste

Hoërskool Witteberg se tienertoneelgeselskap het onlangs met die produksie (Op)soek na Sondag aan die Reza de Wet Toneelfees in Bloemfontein en die Sê-Net Toneelfees in Johannesburg deelgeneem. Die groep berei hulle nou voor vir die ATKV-Tienertoneelkompetisie wat op 24 Julie in Durban aangebied word. Foto:Witteberg Facebook
Hoërskool Witteberg se tienertoneelgeselskap het onlangs met die produksie (Op)soek na Sondag aan die Reza de Wet Toneelfees in Bloemfontein en die Sê-Net Toneelfees in Johannesburg deelgeneem. FOTO: Witteberg Facebook

Die tienertoneelgeselskap van Hoërskool Witteberg in Bethlehem het met die produksie (Op)soek na Sondag aan twee toneelfeeste deelgeneem.

Die groep het die produksie, geskryf deur Luan Jacobs, by die Reza de Wet Toneelfees in Bloemfontein (2 tot 5 Julie) en die Sê-Net Toneelfees by Helpmekaar Kollege in Johannesburg opgevoer.

Die feeste bied jaarliks aan skole die geleentheid om hul produksies voor die aanvang van die kompetisieseisoen voor gehore en beoordelaars te verfyn.

Die Witteberg-span sal nou aan die ATKV-Tienertoneelkompetisie deelneem, waar hulle op 24 Julie in Durban sal optree.

Die tienertoneelgeselskap word deur Ronelle van Heerden afgerig.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article