Juané Loubser van die Hoërskool Witteberg se o.19A-hokkiespan breek deur die Hoërskool Diamantveld se verdediging in die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks in Bethlehem op 1 Augustus. Witteberg se eerste span het ‘n oorheersende vertoning gelewer en met 7 – 0 geseëvier. FOTO: Verskaf

Hokkie en netbal seëvier in reeks

Juané Loubser van die Hoërskool Witteberg se o.19A-hokkiespan breek deur die Hoërskool Diamantveld se verdediging in die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks in Bethlehem op 1 Augustus. Witteberg se eerste span het ‘n oorheersende vertoning gelewer en met 7 – 0 geseëvier. FOTO: Verskaf

Die Hoërskool Witteberg van Bethlehem het die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks vir 2026 afgesluit met puik vertonings op die netbal- en meisieshokkiebane, hoewel die Hoërskool Diamantveld van Kimberley die dag se rugbywedstryde in Bethlehem oorheers het.

Op 1 Augustus het Witteberg en Diamantveld in die reeks kragte gemeet. Witteberg se netbalspanne het vier oorwinnings uit agt wedstryde behaal, met die eerste span wat in ‘n spannende kragmeting met 35 – 33 geseëvier het.

Die o.15B-, o.19C- en o.14D-spanne het ook as wenners van die baan gestap, terwyl die o.14C-span met ‘n gelykopuitslag van 9 – 9 tevrede moes wees.

Weens Witteberg se deelname aan die Suid-Afrikaanse netbalkampioenskap is nie al die beplande netbalwedstryde teen Diamantveld afgehandel nie.

Die meisieshokkiespanne het hul uitstekende seisoen voortgesit deur al drie hul wedstryde te wen. Die eerste span het met ‘n indrukwekkende oorwinning van 7 – 0 sy teenstander oorrompel, terwyl die o.14A-span met 6 – 2 en die o.16A-span met 3 – 0 geseëvier het.

Op die seunshokkieveld het Diamantveld beïndruk. Witteberg se eerste span het met 4 – 7 verloor, terwyl die o.16A-span met 0 – 5 vasgeval het. Die rugbyveld het aan Diamantveld behoort, met die Kimberley-span wat al nege wedstryde gewen het.

Die besoekers het van vroeg af hul stempel afgedruk en die dag se rugbyaksie oorheers. Die eerstespan het met 7 – 56 die knie gebuig, terwyl die ander uitslae soos volg was:
■ o.14A verloor 14 – 34,
■ o.14B verloor 7 – 35,
■ o.15A verloor 17 – 28,
■ o.15B verloor 0 – 54,
■ o.16A verloor 17 – 46,
■ o.16B verloor 26 – 29,
■ derde span verloor 12 – 46, en
■ tweede span verloor 17 – 52.

Met Saterdag se wedstryde het die Hoërskool Witteberg sy deelname aan die 2026 Wesgrow Sentrale Skolesportreeks met aksie tot aan die einde afgesluit.

Weens Witteberg se deelname aan die Suid-Afrikaanse netbalkampioenskap is nie al die beplande netbalwedstryde teen Diamantveld afgehandel nie.
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article