Groot sportgees het op 9 Mei in Kroonstad geheers toe Trio en Voortrekker mekaar in die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks gepak het.
Op die rugbyveld het Trio die toon aangegee. Op die netbalbane het daar egter ’n ander storie afgespeel, waar Goudveld geseëvier het.
Die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks het die afgelope naweek van 21 Maart weer die streek se sporttalent ten toon gestel.
Die hoogtepunt van die dag was die wedstryd tussen die eerste netbalspanne. In ’n vinnige en uiters opwindende stryd het altwee spanne hul beste gelewer.
Trio het die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks met selfvertroue begin deur Diamantveld die naweek met die een sege ná die ander te verras.
Op Saterdag 14 Maart kon ondersteuners langs die rugbyveld, hokkieveld en die netbalbaan hulle inleef in opwindende skolesport.