Trio se eerste span het Saterdag die oorhand op die rugbyveld gekry toe hy en die span van Goudveld in die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks slaags was. Trio het met 38 – 21 oorwin. D-Marco Basson van Trio het hier die bal in die hand.
Trio se eerste span het Saterdag die oorhand op die rugbyveld gekry toe hy en die span van Goudveld in die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks slaags was. Trio het met 38 – 21 oorwin. D-Marco Basson van Trio het hier die bal in die hand. FOTO: Wanda Luiters

Die sportvelde het gegons toe die Hoërskool Trio en die Goudveld-Hoërskool mekaar die naweek in Welkom in aksiebelaaide kragmetings as deel van die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks pak.

Al die wedstryde is op Saterdag 18 April gespeel.

Op die rugbyveld het die Kroonstadse spanne van Trio die toon aangegee met oorheersende vertonings. Die eerste rugbyspan het die skare op hul voete gehad met ‘n energieke en fisieke aanslag, wat vrugte afgewerp het in ‘n indrukwekkende oorwinning van 38 – 21. Sterk verdediging, vinnige aanvalle en kliniese afronding het verseker dat die spelers van Trio hul teenstanders onder volgehoue druk kon plaas terwyl hulle die pas aangee in dié wedstryd.  

LEES OOK: Losing streaks end as unbeaten teams tumble

Op die netbalbane het egter ‘n ander storie afgespeel, waar Goudveld vasberade teruggeveg het. Dié skool se eerste span het met 33 – 23 geseëvier. Die spel in al die netbalwedstryde was fel en uiters mededingend. Trio het spanwerk en deursettingsvermoë ten toon gestel deur vyf van die 12 wedstryde te wen.

In die eerstespan-hokkiewedstryd tussen die meisies is ‘n gelykop-telling van 3 – 3 behaal. In die seuns se eerstespankragmeting het Trio koning gekraai deur Goudveld met 7 – 0 te klop. Verskeie hokkiewedstryde moet nog gespeel word, insluitend dié van die o.14A- en o.16 A-spanne, asook vyf van die meisiespanne.

Die dag se verrigtinge tussen die Hoërskool Trio en die Goudveld-Hoërskool het die ware gees van skolesport weerspieël: intensiteit, trots en ‘n onwrikbare wil om te wen.

Die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks het die afgelope naweek weer die streek se sporttalent ten toon gestel.
Die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks het die afgelope naweek weer die streek se sporttalent ten toon gestel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article