Die Hoërskool Trio het rede om fees te vier: Sy hoof is as nasionale wenner in die afdeling vir uitnemende sekondêre-skoolleierskap aangewys.
Die grootste uitblinker was Danie Theron, ‘n gr. 9-leerder, wat met ‘n indrukwekkende telling van 286 punte algeheel eerste is.
Groot sportgees het op 9 Mei in Kroonstad geheers toe Trio en Voortrekker mekaar in die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks gepak het.
Die boogskietspan van die Hoërskool Trio in Kroonstad het uitstekend gevaar in ‘n kompetisie in Bloemfontein op 18 April.
Slaggate in Kroonstad se Senekalstraat word met meer as 10 000 kg teer herstel om veiliger toegang tot drie skole te verseker.
Op die rugbyveld het Trio die toon aangegee. Op die netbalbane het daar egter ’n ander storie afgespeel, waar Goudveld geseëvier het.
Trio het die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks met selfvertroue begin deur Diamantveld die naweek met die een sege ná die ander te verras.