. Van links is Van Aswegen saam met sy vrou, Luritza, hul dogter, Lerica, en seun, Andries, wat saam met hom die nuwe fase in sy loopbaan begin. Foto:Verskaf
. Van links is Van Aswegen saam met sy vrou, Luritza, hul dogter, Lerica, en seun, Andries, wat saam met hom die nuwe fase in sy loopbaan begin. Foto:Verskaf

Hoërskool Witteberg stel nuwe hoof en adjunkhoof aan

. Van links is Van Aswegen saam met sy vrou, Luritza, hul dogter, Lerica, en seun, Andries, wat saam met hom die nuwe fase in sy loopbaan begin. Foto:Verskaf
. Van links is Van Aswegen saam met sy vrou, Luritza, hul dogter, Lerica, en seun, Andries, wat saam met hom die nuwe fase in sy loopbaan begin. Foto:Verskaf

Hoërskool Witteberg in Bethlehem het P.W. van Aswegen as die skool se nuwe hoof aangestel, terwyl Jaco Ackerman ook tot die bestuurskorps toetree as die nuwe adjunkhoof.

Van Aswegen sal op Dinsdag 1 September die leisels by Witteberg oorneem. Hy bring 17 jaar se ervaring in die onderwys na die pos, waarvan hy die afgelope ses jaar as skoolhoof gedien het.

Hy het vier jaar lank aan die hoof van Hoërskool Bultfontein gestaan voordat hy die afgelope twee jaar as hoof van Hoër Volkskool Potchefstroom gedien het.

Sy aanstelling volg na ‘n keuringsproses en word beskou as ‘n belangrike hoofstuk in die geskiedenis van Witteberg, wat bekend staan vir sy akademiese prestasies, holistiese benadering tot leerderontwikkeling en waardestelsel.

Hoërskool Witteberg in Bethlehem het P.W. van Aswegen as die skool se nuwe hoof aangestel, terwyl Jaco Ackerman ook tot die bestuurskorps toetree as die nuwe adjunkhoof.
Jaco Ackerman is as adjunkhoof van die Hoërskool Witteberg aangestel. Ackerman het die afgelope tyd as waarnemende adjunkhoof by die skool gedien. FOTO: Verskaf

Van Aswegen sal volgens die skool klem lê op die ontwikkeling van leerders op akademiese, sport-, kultuur- en persoonlike vlak, asook op samewerking tussen die skool, ouers en die Bethlehem-gemeenskap.

Thinus Grobler, voorsitter van die beheerliggaam, sê die skool is verheug om Van Aswegen en sy gesin in die Witteberg-familie te verwelkom.

“Ons is dankbaar en opgewonde om meneer Van Aswegen en sy gesin by Witteberg en in Bethlehem te verwelkom. Ons weet dat sy kundigheid, visionêre leierskap en ‘n hart en passie vir mense ‘n bydrae sal lewer tot die voortgesette uitbouing van die skool,” sê Grobler.

Van Aswegen sê dit is vir hom en sy gesin ‘n voorreg om deel van Witteberg te word.

“Ek sien daarna uit om u elkeen te ontmoet en saam met u te werk, sodat hierdie dinamiese skool vir die opvolgende geslagte voetspore sal los waarin hulle graag sal wil volg,” sê hy.

Die skool het ook die aanstelling van Jaco Ackerman as adjunkhoof aangekondig.

Ackerman het die afgelope tyd as waarnemende adjunkhoof by Witteberg opgetree en sal die bestuurspos nou permanent beklee.

Hy sê hy beskou sy aanstelling as ‘n voorreg en ‘n geleentheid om ‘n bydrae tot die skool en die Bethlehem-gemeenskap te lewer.

“Dit is vir my ‘n groot voorreg en eer om as adjunkhoof van Hoërskool Witteberg en die Bethlehem-gemeenskap te kan dien en ‘n positiewe verskil te probeer maak,” sê Ackerman.

Van links is Van Aswegen saam met sy vrou, Luritza, hul dogter, Lerica, en seun, Andries, wat saam met hom die nuwe fase in sy loopbaan begin. Foto:Verskaf
Van links is Van Aswegen saam met sy vrou, Luritza, hul dogter, Lerica, en seun, Andries, wat saam met hom die nuwe fase in sy loopbaan begin. Foto:Verskaf

Volgens hom bring die nuwe pos groot verantwoordelikheid mee, maar hy is gereed om sy beste vir die leerders en sy kollegas te gee.

Hy sê hy sien uit na die nuwe uitdaging en daarna om die verantwoordelikhede van sy nuwe rol aan te pak.

Die skool sê dit bly verbind tot sy missie: “Om van elke kind ‘n Meesterstuk te maak.”

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article