Agt verdagtes is in hegtenis geneem in verband met ‘n reeks rooftogte by drie spaza-winkels in Langerug in Franschhoek in die Wes-Kaap.
Twis oor gesteelde selfoon lei tot dodelike steekvoorval in Wellington; man in oop veld dood aangetref en ‘n moordsaak word ondersoek.
Veiligheidswag helder oordag in Franschhoek gesteek; een verdagte in hegtenis, polisie ondersoek saak van aanranding.
“Voorlopige verslae dui daarop dat twee leerders mekaar gesteek het en dat albei met ernstige beserings na ‘n mediese fasiliteit geneem is.”
Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Wellington het sy skok en kommer uitgespreek nadat ‘n jong volwasse man glo ‘n dragtige hond verkrag het en die hond enkele dae later dood is.
Die saak teen twee verdagtes wat verdink word van Pieter de Kock se dood, is tot 19 Februarie uitgestel.
Polisiespeurder Wayne Wantza verskyn in Wellington-hof en word na Paarl Hospitaal verwys vir psigiatriese waarneming ná skietvoorval met ernstige aanklagte.
‘n 64-Jarige man van Brackenfell staan tereg op aanklagte van die seksuele aanranding van `n 13-jarige seun. Sy aansoek om borgtog is Maandag 2 Feb aangehoor.
Renaldo Anthony (19) is vanmiddag ses keer geskiet deur twee gemaskerde aanvallers voor ‘n winkelsentrum in Cloetesville.
Die saak is tot Donderdag 5 Februarie uitgestel vir dié inligting om bevestig te word, asook vir die verkryging van borgtoginligting.