Die Stellenbosch-munisipaliteit se honde-eenheid is nog nie eens amptelik van stapel gestuur nie, maar pronk reeds met hul eerste sukses.
’n Bejaarde egpaar is doodgeskiet op ’n piekniekbankie in Jacobsbaai gevind, terwyl die polisie die omstandighede van die voorval ondersoek.
Die saak teen Lynette Brummer en vyf ander is Vrydag 21 Augustus weer uitgestel, dié keer tot 30 September.
‘n Gesin van Onder-Papegaaiberg in Stellenbosch was Sondag 5 Julie die nuuste slagoffers van ‘n groep gewapende inbrekers.
Dit was byna toemaaktyd by Newinbosch se Pick n Pay toe ‘n groep mans Sondag (5 Julie) na bewering op die plaaslike kleinhandelaar toegesak het om die winkel te beroof.…
Paramedikus Lionel Rossi van die Paarlse ambulansdiens sterf tydens ‘n breek-en-gryp-voorval in Elsiesrivier – familie en kennisse rou saam.
’n Delft-konstabel is met ’n byl oor die kop gekap buite die polisiekantoor. Drie verdagtes is kort ná die aanval in hegtenis geneem.
Drie mans is in Paarl gearresteer nadat ’n voertuig wat met brandstofdiefstal verbind word, deur veiligheidspanne opgespoor en voorgekeer is.