Die manipuleerder strooi subtiel taktieke en inligtingstukkies soos krummels om mense te beïnvloed en te beheer. Wees bewus hiervan.
Deesdae wil bykans elkeen ‘n meningsvormer wees en sy sê sê. Laat dit so wees. Maar mense het te lief geraak vir praat, en te bang vir doen.
Ons as mens is ongehoorsaam deur dag na dag te sondig. Ook wil dit voorkom of party kerke sommige mense wil uitwerk. En het ons nog tyd vir ons medemens?
Die mens het ‘n ingebore aangetrokkenheid tot die natuur. Al word dit nou kouer, is daar steeds tye waarin ‘n mens smag om buite te wees.
Om oor te begin in die lewe is moeilik, maar soms onvermydelik. Dan het mense mekaar nodig, vir begrip en vir ondersteuning.
Veral vroue worstel dikwels met vele gedagtes en vrae. Dit lei daartoe dat ‘n mens as verstrooid voorkom, terwyl dié vrae jou net goed besig hou.
Die kerk se handelsmerk is liefde. Ons moet ons liefde toon, selfs in konflik, terwyl ons onsself opoffer en mekaar onvoorwaardelik liefhet.
Vakansiedae kan ‘n mens net soms uit die werk hou. Net so word ‘n mens soms in jou werk gebriek deur die vinnig-veranderende digitale ruimte.
Die herontdekking van eie identiteit ná die wegval van ‘n geliefde met wie jy dekades ‘n pad gestap het, is ‘n uitdaging om te oorwin.
Om tevrede te wees is ‘n besonderse gawe. Tevrede met wat gister oor jou pad gekom het, wat vandag oor jou pad kom. Tevrede met wat môre oor jou pad…