Die lewe is vol uitdagings en sommige dae is moeiliker as ander dae. Maar selfs dan is dit belangrik om te probeer aangaan. En aan te hou probeer.
In die lewe, net soos in die netbalspel, is dit belangrik om voetfoute te vermy. Maar dit is onvermydelik om wel soms voetfoute te maak.
Stertvere is gepluk: Die Poubloues s’n in die eindstryd van die SA Beker-reeks, en die van een van twee presidente. Wie het die meeste stertvere verloor?
Rooyma waardeer Afrikaans as haar moedertaal, en sy geniet die rykheid van die taal deur unieke uitdrukkings en idiome in haar geselskap.
‘n Spontane foto van ‘n witpenssuikerbekkie in ‘n tuin in KImberley het tot ‘n interessante kopkrappery gelei.
‘n Kosbare vriendskap van 20 jaar word gevier met ‘n speelse idee om die roetine te breek, wat herinneringe ekstra spesiaal kan maak.
Die ingesteldheid van ‘n mens beïnvloed hoe uitdagings hanteer word, soos Oupa Plaas se positiewe benadering tot dialise en seisoenveranderinge.
Om vir ‘n reis gereed te maak, kan net so opwindend soos die reis wees. Tog bly taspak ‘n wetenskap en ‘n kuns.
Asbliksak-dag bring frustrasie met ‘sakkrappers’, tog moet hierdie informele rommelherwinnaars erkenning kry vir dié waardevolle werk wat hulle verrig.
Die beskeie witgatboom of Boscia albitrunca bied nie net kunssinnige vorms van boomstamme nie, maar ook talle gebruike vir mens en dier.