Knyp naambord
‘n Pleknaam op ‘n padteken vertel ‘n eie storie. FOTO: Helena Barnard

FOTO | Tower verhale op met unieke plekname in Noord-Kaap


Knyp naambord
‘n Pleknaam op ‘n padteken kan ‘n mens soms oor die oorsprong daarvan laat wonder, soos hierdie een tussen Groblershoop en Griekwastad. Is dié naam ‘n verbuiging van ‘n vroeëre naam? Het dit knyp daar gegaan met moeilikheid en benoudheid? Het sake vasgedraai of vasgebrand? Was daar dalk ‘n knypie sonder ‘n laggie − ‘n handelswyse wat as speel-speel voorkom, maar tog seergemaak of aanstoot gegee het? Was daar dalk ‘n vrou (of man) betrokke wat vol knype was − wie se nukke en grille dinge moeilik gemaak het? Of was daar iemand wat ‘n kitaar besonderlik goed bespeel het; wat die kitaar bedroef geknyp het? En dan, wat kry ‘n mens wanneer jy op daardie pad afdraai tot by die plek met die naam? Dié wat weet, laat weet. Skryf aan helena.barnard@novusmedia.co.za. Foto: Helena Barnard
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article