Maak ‘n lysie van die belangrikste waarmee jy tans besig is en die meeste tyd in beslag neem. Vra jouself eerlik af: Wat is die gerigtheid van my lewe?
Die grootste persentasie van die biljoene mense op aarde is geletterd, en lees en skryf sonder om die vryheid en bemagtiging daarvan te besef.
Die emosionele skade wat narsiste en ander boelies aanrig is byna onmeetbaar. Dit grens aan die skade wat orkaan Katrina aangerig het.
Baie van ons wil vinnig kwaad wees. Ontstel jou tog nie so gou nie. Haal maar ‘n slag asem, tel tot tien.
Chaos is nie die eindpunt nie; dit is die begin van iets nuuts.
So in die eerste amptelike maand van lente vind bewusmaking van demensie plaas, wat veel eerder met die winter van ‘n mens se lewenssiklus vereenselwig word: September is Wêreld-Alzheimer-maand.
Ons is in ‘n nuwe seisoen. Blomme is pragtig, bome bot, groei lê voor. Die stilstaan-wintertyd is verby. Wat ‘n vreugde, wat ‘n genade om te mag lewe. Genade is…
Skep ‘n oomblik asem en dink aan dinge wat jy reeds gedurende twee derdes van hierdie jaar vermag het. Bemeester het. Oorleef het. Iets uit geleer het.
Ná lewenskronkels en ‘n paar beserings het sy besef gesondheid gebeur nie net nie. Dit is soos enige vaardigheid en voorreg. Ontwikkel en waardeer dit.
Ná genoeg koue, ‘n winterson wat traag is om soggens sy kop uit te steek en ‘n wasgoedmandjie wat vroeg in die week reeds boepens is van al die winterwasgoed,…