Die Stellenbosch-munisipaliteit se honde-eenheid is nog nie eens amptelik van stapel gestuur nie, maar pronk reeds met hul eerste sukses.
‘n Oud-skoolhoof wat van seksuele aanranding beskuldig word, sal op 3 Desember in die hof verskyn na ‘n onlangse uitstel vir verdedigingsvoorbereiding.
Vyf mans is in verband met ‘n bende-verwante moord van ‘n man in Cloetesville op Vrydag 21 Augustus in hegtenis geneem.
Inwoners van Hillside Village voel nie veilig in hul eie woonbuurt nie, sê die voorsitter van die plaaslike buurtwag, George Thys.
Plase in Stellenbosch gaan die afgelope paar maande onder inbrake en aanvalle gebuk, met ‘n paartjie wat in die mees onlangse voorval met ernstige beserings gelaat is.
‘n Man is op Woensdag 8 Julie deur polisiebeamptes van die Somerset-Wes-misdaadvoorkomingseenheid vasgtrek. Hy word glo verbind met verskeie inbrake
‘n Gesin van Onder-Papegaaiberg in Stellenbosch was Sondag 5 Julie die nuuste slagoffers van ‘n groep gewapende inbrekers.
Dit was byna toemaaktyd by Newinbosch se Pick n Pay toe ‘n groep mans Sondag (5 Julie) na bewering op die plaaslike kleinhandelaar toegesak het om die winkel te beroof.…
Die Wes-Kaapse polisie ondersoek die moorde van drie mans in Groendal op 17 Mei. Die motief vir die skiet-aanval is onbekend.
Die Groot-Drakenstein-polisiekantoor het onlangs van sers. Julian Martin afskeid geneem. Hy was vir 16 jaar aandiens by dié polisiekantoor.