Verdagte in reeks misdrywe op N2-hoofweg in Somerset-Wes aangekeer

Arrestasie op N2-hoofweg
‘n Vuurwapen en toerusting is deur poliseibeamptes gevind nadat ‘n verdagte dit by sy motorvenster op die N2-hoofweg uitgegooi het.

Verdagte in reeks misdrywe op N2-hoofweg in Somerset-Wes aangekeer

Arrestasie op N2-hoofweg
‘n Vuurwapen en toerusting is deur poliseibeamptes gevind nadat ‘n verdagte dit by sy motorvenster op die N2-hoofweg uitgegooi het.

Polisiebeamptes van die Somerset-Wes-misdaadvoorkomingseenheid het verlede week tydens teen-misdaadoperasies op ‘n motor afgekom wat met verskeie misdrywe in Stellenbosch, Kleinmond, Bothasig en Table View verbind word.

Beamptes het op Woensdag 8 Julie omstreeks 05:45 die grys Honda BRV op die N2-hoofweg gewaar.

Pogings om die bestuurder van die Honda te kry om af te trek het gefaal en die verdagte het teen hoë spoed op die N2 in die rigting van Kaapstad gejaag.

LEES OOK: Gesin vasgebind in huis tydens nog ‘n roof in Onder-Papegaaiberg

Tydens die jaagtog het beamptes gesien hoe die verdagte twee sakke by die motorvenster uitgooi.

‘n Vuurwapen asook rekenaars, ‘n kamera en ander toerusting, wat voermedelik die vorige aand in Bettiesbaai gesteel is, is in die sakke gevind.

Die motor word verbind met huisbrake en ‘n geval van verkragting.

Na ‘n langdurige jaagtog is ‘n 32-jarige buitelandse man op aanklagte van die besit van ‘n ongelisensieërde vuurwapen en gesteelde goedere, die oortreding van die immigrasiewet en roekelose en nalatige bestuur in hegtenis geneem.

Die polisie het op die voertuig beslag gelê en dit sal as bewysstuk dien. Die verdagte sal in die Somerset-landdroshof verskyn sodra hy aangekla word.

LEES OOK: Police confirm ‘crime syndicate’ is targeting farms in Raithby

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article