‘n Familie was onlangs genoop om hul geliefde se liggaam na die Despatch-krematorium in die Oos-Kaap se stuur weens ‘n beweerde agterstand by krematoriums in die Wes-Kaap.
Wes-Kaap premier, Alan Winde bied ‘n oorsig oor die herstelwerk aan onder meer paaie en kragtoevoer in gebiede wat deur die onlangse storms geraak is.
Swaar reën en sterk winde in die Wes-Kaap het ernstige skade, padsluitings en kragonderbrekings in verskeie munisipaliteite veroorsaak.
Elsiesrivier-polisie sê geen klagte oor beweerde aanranding deur die weermag is aangemeld nie, ondanks ernstige bewerings deur bendelede.
Altesaam 161 713 entstofdosisse vir bek-en-klouseer is tot dusver by 730 persele in die Wes-Kaap toegedien, wat ‘n 35%-dekking verteenwoordig.
Stemlyne vir Kwêla se Dorp van die Jaar het vandag (17 April) gesluit, met Montagu, Riversdal en Gansbaai in die Wes-Kaap wat nou die uitslag afwag.