Die Elsiesrivier-polisie sê daar is geen bewyse dat enigiemand ń klagte by hulle

aanhangig wou maak oor beweerde aanranding deur die weermag nie.

Bendelede

Netwerk24 het Vrydagoggend (8 Mei) berig dat erkende bendelede van onder meer Elsiesrivier beweer dat hulle erg deur die weermag aangerand is. Die aanlynpublikasie het ook foto’s gepubliseer van hoe die houe op die slagoffers se lywe.

In die berig beweer die slagoffers dat hulle geboeie en aangerand is terwyl die polisie en die weermag hulle oor onder meer dwelms ne wapens uitgevra het. Volgens die bendelede wou die polisie nie na hul klagtes luister nie, glo omdat hulle met bendebedrywighede verbind word.

Kapt. Esmarelda Flandorp, polisiewoordvoerder, sê hulle dra geen kennis van enigiemand wat sodanige klagte wou indien nie. “Die is die eerste keer wat ek hiervan te hore kom. Wanneer iemand ‘n saak maak, ontvang die klaer ‘n saaknommer. Sou hulle oor die polisie kla, word daar ‘n verskillende proses gevolg. Daar sal vasgestel word wie was betrokke, hetsy weermag-of-polisielede. Ek is nie bewus van ‘n klag wat teen die polisie gelê is nie. Alles hulle nie toegelaat is om ‘n klag te lê nie, sal daar vasgestel word wie is die beampte wat geweier het om die saak te neem. Of hulle moes ten minste sê wie hulle weggewys het,” sê Flandorp.

TygerBurger kon nie onafhanklik die bendelede se klagtes verifieer nie, maar het uitgereik na die parlement se voorsitters van die Staande Komitee oor Verdediging, Cyril Xaba en Mamgase Nchabeleng. Teen druktyd is geen terugvoer van die gelyste woordvoerder, Malatswa Molepo, ontvang nie.

Misdaadbevegter

Imraahn Mukkadam, misdaadbevegter van Elsiesrivier, sê hy het die foto’s van die beweerde slagoffers van dr. Llewellyn McMaster, van die C4 (Cape Crime Crisis Coalition) ontvang, maar kon ook nog die beweringe onafhanklik bevestig nie. “Ek is ‘n monitor vir die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie en sal graag meer inligting oor die voorval wil bekom,” sê hy.

LEES OOK: Vrouemoord veroordeel, “Duiwel” verskyn in hof

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article