Onthou, jou voorspoed maak jou nie beter as ‘n ander nie, jou voorspoed is ook nie verdienste nie; jou voorspoed gaan ook nie altyd voortduur nie.
Soms, met ‘n onverwagse positiewe belewenis, besef ‘n mens: Laat ons met dieselfde oortuiging en oorgawe waarmee ons kritiseer, ook lof toeswaai wanneer dit op ons pad kom.
’n Roerende rubriek oor ’n vroegopstaner se lewensreis, die liefde vir sy kinders, en die besef dat tyd vinnig verbygaan. Koester elke oomblik.
Narsiste het twee stelle reëls. Een vir hulleself. Een vir hul slagoffers. Hulle mag sekere goed doen; hul slagoffers glad nie. Hulle mag die reëls breek; hul slagoffers glad nie.
Wanneer jy die voorreg het om te eet, en lekker te eet en genoeg te eet, dink aan dié wat nie daardie voorreg het nie.
Haar woorde tref my soos ‘n vuishou. Haar hele houding getuig daarvan dat hierdie optrede vir haar sin maak en geregverdig is.
Tussen Werkersdag en Moedersdag is daar ‘n verband – moederfigure is in werklikheid verantwoordelik vir die grondslag van die werksmag van ‘n volgende geslag.
Met die verskyning van hierdie rubriek is die 15 jaar mylpaal bereik. Wat ‘n wonderlike voorreg om weekliks gedagtes, gebeure, teleurstellings, vreugdes en meer te kan deel.
Die reën van die afgelope maand is wyd verwelkom en ons hoop vir nog baie water hierdie winter.
Met onverbiddelike trant skaaf en wysig tyd aan moontlikhede, omstandighede en toekomsverwagtings.