Hy het skaam gekry. Toe sy die halwe pakkie-oorskiet-skyfies so in sy hande stop. Toe dink hy – ek het werklik flenters geword. Ou Flenters is nou my naam.
Toe ‘n moeg-moegheid hom oorval, het hy die kuur daarvoor op ‘n onverwagte plek gekry.
Narsiste floreer daarop om hul slagoffers te straf. Hulle straf hulle soos hulle goeddink en wanneer dit hulle pas. Sonder om ‘n oog te knip.
Terwyl die aanlyn koper rustig met ledigheid of take in die afgetelde minute voortgaan totdat die kruideniersware afgelewer word, speel ‘n geveg in onderskeie supermarkte af.
By dié plaasskool was dit nie vreemd om Lentedag te vier terwyl jou ysige hande om ‘n warm koppie sop gevou was nie.
‘n Mens se hele lewe word jy omring deur eintlik net twee soorte mense – dié waarop jy kan staatmaak en dié wat jy nie kan vertrou nie.
Soms klop nostalgie met die mees onwaarskynlike item of gebeurtenis aan die voordeur.
Nie alles wat ver van jou af groei, verdor omdat dit vergeet is nie. Party dinge oorleef net op ‘n ander plek.
Onthou is belangrik. Om te kan vergeet, is net so belangrik. As jy wil onthou, moet jy ook die gawe wil hê om te vergeet.
Verken die gevoelens van verbasing en verontwaardiging wanneer jy “oom” of “tannie” hoor soos jy ouer word. Omhels die reis wat voorlê.