Nuus
-
Hoopdraers in ‘wêreld vol pyn’ vereer op Internasionale Maatskaplikewerkersdag
In ‘n wêreld vol pyn en uitdagings is maatskaplike werkers nie net professionele persone nie, maar draers van hoop.
-
Drie met messe gesteek in noodlottige Strand-voorval, een dood
‘n 17-jarige en 23-jarige is aangekla van moord na ‘n steekvoorval in Casablanca waar drie mense gewond is en een gesterf het tydens bendegeweld.
-
Wildschutt eerste oor New York-halfmarathon se wenstreep
Dié atleet van Ceres het die afgelope jaar groot opgang in die hardloopwêreld gemaak met verskeie nasionale rekords agter sy naam.
-
Ingrid Winterbach en nog drie ontvang eredoktorsgrade aan UV
Vier bekende onder wie die skrywer Ingrid Winterbach en die voormalige ambassadeur aan Amerika Sheila Sisulu ontvang in April eredoktorsgrade aan die Universiteit van die Vrystaat.
-
Oud-speurder wag op plek in Valkenberg
Die oud-polisiespeurder Wayne Wantza het in die Wellington-landdroshof verskyn waar die hof gelas het dat hy na Valkenberg-hospitaal verwys word vir verdere psigiatriese evaluering.
-
Ambulans op N2-snelweg naby Macassar aangeval op pad na hospitaal
EMS-personeel getraumatiseer na klipgooiery-aanval op N2 naby Macassar terwyl ambulans pasiënt na hospitaal vervoer het. Polisie ondersoek saak.
-
Maatskaplike werker in hof oor verbode goedere by gevangenis
PORTERVILLE – ‘n Maatskaplike werker verbonde aan die Voorberg-gevangenis naby Porterville word deur ernstige aanklagte in die gesig gestaar nadat sy na bewering verbode goedere by dié instansie wou insmokkel.…
-
Gayton glo steeds dat Joshlin lewe en wys vinger na Ayanda
Honderde geesdriftige ondersteuners van die Patriotic Alliance (PA) het die Dial Rock-saal in Saldanha Sondag 15 Maart volgepak vir die bekendstelling van die Joshlin Smith-stigting.
-
Dieselprys-manipulasie kan landbou nog ‘n vuishou gee, waarsku VL
“Vrystaat Landbou sal nie toelaat dat boere uitgebuit word deur opportunistiese prysmanipulasie of kunsmatige voorraadbeperkings nie.”
-
Skoolhoof breek heup tydens Cape Town Cycle Tour
Llowellyn Syce. skoolhoof van die Breedevallei Vaardigheidskool het op 8 Maart sy heup gebreek nadat hy saam met vyf leerders die 109km Cape Town Cycle Tour- roete aangedurf het.










