Die nuwe uitgawe van Die Papier is hier: Als oor CR se Phala Phala-drama tot ernstige stormskade

Die Papier
Die jongste uitgawe van Die Papier is nou beskikbaar.

Die nuwe uitgawe van Die Papier is hier: Als oor CR se Phala Phala-drama tot ernstige stormskade


Die nuwe uitgawe van Die Papier, wat vandag op die rakke is, bied vir jou al die jongste nuus, insig en agter-die-skerms-drama van ’n baie bedrywige week in SA politiek.

Paniek oor ’n opvolger vir pres. Cyril Ramaphosa in die ANC is tans die oorheersende kwessie in die organisasie se binnekringe. Ons praat met onder andere met twee hooggeplaastes in die ANC en talle kenners om dié situasie volledig te ontleed.

Pres. Xi Jinping van China en pres. Donald Trump van Amerika skud blad by die Groot Volksaal in Beijing.
Pres. Xi Jinping van China en pres. Donald Trump van Amerika skud blad by die Groot Volksaal in Beijing. Foto: Kenny Holston, Getty Images.

Vandag is die laaste dag van die beraad tussen pres. Xi Jinping van China en sy Amerikaanse ampsgenoot, Donald Trump, in Beijing. Lees meer oor die gespreks- en kwelpunte van dié ontmoeting.

Ernstige skade in ses provinsies het die aankondiging van ’n nasionale ramptoestand genoodsaak. Ons vind by kenners uit hoe dit moontlik is dat die uiterste weerstoestande SA se infrastruktuur só erg kan ruk.

Lees ook meer oor Johannesburg se geldsake, die knoppiekunstenaar Jakkals Vibes en kinderbeskermingsmaand.

Ekonoom John Loots pak die groot debat: Moet jy ’n huis koop of eerder huur?

Charroux-hoender met sampioene.
Charroux-hoender met sampioene. Foto: Robbert Koene.

Oom Rugby skryf oor Sharks-nuweling Zekhethelo Siyaya se reuse wedstryd teen Benetton en sjef Marlene van der Westhuizen deel ’n resep vir charroux-hoender met sampioene wat met die blote gedagte daaraan ons monde laat water.

En moenie van ons speletjiesblad vergeet nie. Ons is seker jy ken die Italiaanse F1-renjaer, Binnelanders-ster en Die Papier se modeskrywer wat op die fotoblokraai verskyn . . .

Dít en nog vele meer in die nuwe uitgawe van Die Papier.

  • Die nuwe uitgawe van Die Papier is nou op die rakke en aanlyn beskikbaar.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.

LEES OOK: Die nuwe Afrikaanse weekblad Die Papier se eerste uitgawe verskyn Vrydag 6 Maart

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article