Die nuwe uitgawe van Die Papier is nou op die rakke en aanlyn beskikbaar

Die Papier
Kry vandag die nuutste uitgawe van die Afrikaanse weekblad, Die Papier.

Die nuwe uitgawe van Die Papier is nou op die rakke en aanlyn beskikbaar


Die 30 Junie-optogte laat Suid-Afrikaners hul asem ophou. In klaarblyklik ’n nuwe benadering deur die ANC word die ystervuis van Suid-Afrika se private veiligheidsmaatskappye volledig ingespan om die polisie te help met moontlike gewelddadige ontwrigting in Dinsdag se beplande protesaksie teen immigrante. Lees alles wat jy oor dié dag moet weet in Die Papier.

Ons kyk ook hoe die March and March-beweging se frustrasies oor die jare opgebou en uitgebrei het en hoe die optogte verkeer kan ontwrig.

In ’n eksklusiewe onderhoud gesels voormalige DA-leier John Steenhuisen openlik oor die besluit om hom die nuwe adjunkminister van handel, nywerheid en mededinging te maak. “Ek is diep teleurgesteld oor die omstandighede. Dit was natuurlik baie diep persoonlik, seer en teleurstellend.”

Keir Starmer, uittredende Britse premier.
Keir Starmer, uittredende Britse premier. Foto: AFP.

Keir Starmer stamel by 10 Downing Street se deur uit, maar wie is die man wat hom moontlik gaan opvolg as die Britse premier?

Ons berig ook oor die nuutste van die Ebola-uitbreking, wat tans op meer as 1 000 bevestigde getalle wêreldwyd staan, en watter kommer dit vir SA inhou.

Gepraat van gesondheid: Die Amerikaanse presidensiële noodplan vir vigsbystand in Suid-Afrika kan teen vroeg volgende jaar tot ’n einde kom. Ons praat met kenners om meer oor die gevolge hiervan te leer.

’n Bedrywige week by die Madlanga-kommissie word opgesom, die twis tussen die Phala Phala-afsettingondersoekkomitee en die Speaker van die parlement uiteengesit en die voorstel om ‘wapenvrye sones’ in Gauteng te skep, word ondersoek.

Ons gesels ook met akteur en sanger Laudo Liebenberg, voormalige Springbok-vleuel en afrigter Carel du Plessis en Bulls-breier Johan Ackermann.

Moet ook nie jou Innibos-bylae in dié uitgawe misloop nie! Kry al die jongste nuus van die gewildste produksies, verskillende verhoogprogramme en wat alles vir die jongspan voorlê in hierdie uitgawe.

Dít, en nog vele meer in die splinternuwe uitgawe van Die Papier, wat nou op die rakke is.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article