Die nuwe uitgawe van Die Papier is oudergewoonte weer propvol nuus en lekker leesstof.
Jana Marx, Die Papier se politieke redakteur, het in-diepte met Roelf Meyer by sy huis in Silver Lakes, Pretoria, gaan gesels net voor sy termyn as nuwe ambassadeur in Washington begin het. Hy gesels oor sy rol, Trump, handel, Afrifrorum en volksmoord in dié onderhoud.
“Ek persoonlik is nog tussen hartseer en kwaad. Maar ek is diep kwaad; lank kwaad.” Met dié woorde beskryf Chris van der Berg sy emosies nadat sy broer, Hugo, Saterdagaand 11 Julie ná die Bokke se wedstryd teen Skotland buite Loftus Versfeld gesterf het. Ons het gaan ondersoek instel oor dié tragiese, maar “voorkombare” voorval.
Die diskoers oor Bokkieweek duur voort. Kallie Kriel van AfriForum en Jean Oosthuizen, vryskutjoernalis, weeg in oor die saak om vir jou twee kante van die munt te wys.

Lees meer oor die nuwe Britse premier, Andy Burnham, Wolodimir Zelenski van Oekraïne se nuwe weermaghoof en die chaos wat in Indië afspeel weens studentebetogings.
Yumna Alexander (40), ’n produk en onderwyser van Manenberg op die Kaapse Vlakte, wil haar gemeenskap se lewe verander en dis waarom sy haar eie politieke party gestig het. Lees meer oor haar politieke reis, sowel as die departement van bosbou, visserye en die omgewing wat vasskop teen ’n renosterboer se pogings om die horings van die diere wat hy op sy plaas “vir bewaring” teel, internasionaal te verhandel.
Dricus du Plessis, oftewel Stillknocks 2.0, se vriende vertel oor sy groot oorwinning in Oklahoma en ons kyk ook na watter name genoem word wanneer daar oor sy volgende teenstander gepraat word.
Verder op die sportblaaie gee ons ook vir jou die jongste nuus én analise oor die naweek se Formule Een-resies, Curriebeker-wedstryde en skolesport.
- Lees al dié artikels en vele meer in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.






You must be logged in to post a comment.