Skermskoot uit video.
Skermskoot uit video. Credit: Picasa Credit: Picasa
Weslander

KYK | Vragmotor brand in Darling ná band bars


DARLING – Inwoners van Darling is Donderdagaand 14 Mei groot laat skrik toe ’n vragmotor se sleepwa in die hoofstraat aan die brand geslaan het.

Volgens inwoners het ’n harde slag omstreeks 19:53 die dorp weerklink, waarna sommige huise se alarms glo afgegaan het. Video’s van die brandende vragmotor het kort daarna vinnig op sosiale media versprei, met inwoners wat ontsteld was oor die voorval.

Volgens kapt. Jonathan Otto, bevelvoerder van die Darling-polisie, het die voorval oorkant die Spar-kompleks plaasgevind. “Dit was ’n lorrie se sleepwa waarvan een band gebars het terwyl dit gery het. Die nooddienste was binne minute op die toneel en het die brand by die wiel geblus,” het hy gesê.

Geen beserings is aangemeld nie en die brand is vinnig onder beheer gebring.

Die voorval het egter groot opskudding in die dorp veroorsaak, aangesien baie inwoners aanvanklik onseker was oor wat presies gebeur het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article