Nuus
-
Appèlaansoek oor testament van wyle regter Yvonne Mokgoro afgewys
Die afsonderlike siviele geding het gewentel rondom die regsvraag of ’n testament wat slegs elektronies geteken is, as geldig beskou kan word.
-
Wes-Kaap verskerp planne om watersekerheid te beskerm
Die Wes-Kaapse regering versterk koördinering om watersekerheid te verbeter en langtermyn waterveerkragtigheid te verseker te midde van toenemende uitdagings.
-
Sterk winde, weerlig en hitte dreig groot dele van SA
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n impakgebaseerde vlak twee waarskuwing uitgereik vir 31 Januarie weens ernstige donderstorms wat verwag word.
-
Oproep vir staatsbegrafnis vir digter, aktivis Diana Ferrus
Huldeblyke stroom vanuit alle oorde in ná die dood van Diana Ferrus (72), bekroonde digter en aktivis, Vrydag (30 Januarie). Ferrus, ‘n inwoner van Kuilsrivier, was in versorging nadat sy…
-
Nóg ‘n skietmoord tref Cloetesville
Renaldo Anthony (19) is vanmiddag ses keer geskiet deur twee gemaskerde aanvallers voor ‘n winkelsentrum in Cloetesville.
-
Suid-Afrikaanse literêre reus Diana Ferrus (72) oorlede
Diana Ferrus, een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde skrywers en academici is op die ouderdom van 72 oorlede.
-
Uitspraak voorbehou in stadsbestuurder se aansoek om sy kantoor te betree
Uitspraak is voorbehou in die hooggeregshofaansoek van Kimberley se stadsbestuurder vir ʼn verklarende bevel om na sy kantoor terug te keer nadat sy skorsing deur die hof as ongeldig bevind…
-
Pasbekend | Saldanhabaai se burgemeester tree uit
Die Demokratiese Alliansie (DA) het Vrydag 30 Januarie in ‘n verklaring aangekondig dat André Truter, die uitvoerende burgemeester van die Saldanhabaai-munisipaliteit (SBM), uittree.
-
SA verklaar Israelse diplomaat as persona non grata
PRETORIA – Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) het bevestig dat die Suid-Afrikaanse regering besluit het om Ariel Seidman, die waarnemende ambassadeur van die Israelse ambassade, “persona non…
-
Man verloor hofstryd om hond terug te kry ná ‘vrywillige’ oorgawe aan DBV
Bitsy was honger en gedehidreer; besmet met bosluise en vlooie. Hy het ook gely weens maaiers in sy ore, ’n pynlike toestand waar larwes onder die vel broei.










