Die konstitusionele hof se uitspraak hierdie week dat die staat nie kan besluit waar dokters mag werk nie, is ’n terugslag vir die regering se planne om die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) uit te rol.
Die Papier stel ondersoek in oor die ander aansoeke wat tans voor die hof dien en vra ook hoe huisdokters wel staatspasiënte wil help.
Die gerugte dat Saru die moontlikheid oorweeg om hom uit die Europese Kampioenebeker-reeks te onttrek, het die hele week die rugbywêreld op hol gehad. Die Papier het egter in ’n eksklusiewe onderhoud met Saru-president die waarheid gaan uitvind.
In ander sportnuus skryf ons meer oor die medaljes wat SA by die Afrika-kampioenskap vir atletiek huis toe gebring het, en ontleed ook Rassie se meesterlike plan met die jonges.
Ons berig ook oor die jongste nuus oor voormalige minister Sisi Tolashe, vind uit hoekom oud-pres. Jacob Zuma dalk nooit sal boet nie en kyk na die nuutste syfers oor die skade wat die ongure weer in groot dele van die land veroorsaak het.

Ons het ook met die “Trouvrou”-sanger Brendan Peyper gesels oor die onlangse sekwestrasie-saak wat eindelik teen hom laat vaar is, en wanneer hy en die liefde van sy lewe, Marise van der Westhuysen, beplan om te trou.
Op die sakeblad skryf ekonoom Waldo Krugell oor die inflasiekoers wat gestyg het, en wat dit vir die repokoersbesluit volgende week beteken.
In Dink som Mynderd Vosloo die Saru-besluit oor die Kampioenebeker puik op met sy spotprent, skryf ons oor die hanta- en ebola-virus en gesels ons met universiteitsraadsvoorsitter van die Universiteit Stellenbosch, Bernard Fick.
Dít, en nog vele meer in die nuwe uitgawe van Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
ALSO READ: Die Papier beloof nuwe lewe vir Afrikaanse drukmedia







You must be logged in to post a comment.