Die toekoms van die Sol Plaatje-munisipaliteit in Kimberley lyk grou nadat die LUR vir samewerkende regering gedreig het om die munisipale raad te ontbind, en gevegte binne en buite die…
Waarnemende regter Jane Ngubeni het ‘n bevel in Thapelo Matlala se guns uitgereik, op dieselfde dag waarop die verhoor oor substantiewe klagtes teen hom sou begin.
Die stadsbestuurder van die Sol Plaatje-munisipaliteit voer aan in ‘n beëdigde verklaring dat die provinsiale regering se optrede “onwettig, irrasioneel en ‘n misbruik van die hofproses” is.
Ná sy terugkeer na sy kantoor het die stadsbestuurder van die Sol Plaatje-munisipaliteit verskeie “kritieke projekte en finansiële kwessies geprioritiseer om die stad se probleme op te los.”
Die ANC versoek Coghsta om onmiddellike stabiliteit by die Sol Plaatje-munisipaliteit in Kimberley af te dwing.
In ‘n interdikaansoek het die regter etlike kere opgemerk dis onaanvaarbaar dat belastingbetalers regskoste moet betaal omdat die speaker “op haar eie optree” sonder raadsgoedkeuring.
Die magstryd binne die Sol Plaatje-munisipaliteit in Kimberley het brandpunt bereik en die LUR vir samewerkende regering dreig met administrasie.