Narsiste het twee stelle reëls. Een vir hulleself. Een vir hul slagoffers. Hulle mag sekere goed doen; hul slagoffers glad nie. Hulle mag die reëls breek; hul slagoffers glad nie.
Narsiste lieg. Blatant. Sonder om ‘n oog te knip. Sonder om wakker te lê. Om redes wat vir min mense sin maak.
Gedurende daardie jaar het my ma my keer op keer op keer herinner aan hoeveel moeite ek haar met my hoofmeisieskap besorg. Dit was verwyt op verwyt op verwyt.
Die vrede is van korte duur. Dalk ‘n uur of twee. As jy baie gelukkig is ‘n dag of twee. Daarna kry die narsis die volgende ding om oor ongelukkig…
Keer op keer het sy die geskenk vir my gegee en dan teruggevat. Elke keer moes ek maak asof ek dit vir die eerste keer sien. Intussen was my pa…