Wat gebeur? What's on?
Wat gebeur? What’s on?

Wat gebeur | What’s On – 18 September-28 Oktober 2026


Dagboek-inskrywings is gratis. Inskrywings moet voor 17:00 op ‘n Maandag ontvang word. Stuur e-pos na weslander@novusmedia.co.za of ‘n WhatsApp na 082 576 0453 met jou inskrywing.

Vrydag 18 September

Alkoholiste Anoniem Saldanha vergader van 18:30 tot 19:30 in die Hoedjiesbaai-hotel in Hoofstraat. Bel Kelly by 082 410 3952.

Plaaslike kerkleiers kom saam vir ’n gebedsoptog in Vredenburg. Die inisiatief word vrywillig aangepak met die doel om as kerkleiers en gemeenskap saam te staan en te bid teen die toenemende euwels in ons gemeenskap en word.Tyd: 17:00. Beginpunt: Kwartelstraat, Vredenburg. Almal in die gemeenskap word hartlik uitgenooi om saam te stap en te bid.

Maandag 21 September

Alkoholiste Anoniem Vredenburg vergader van 18:30 tot 19:30 in die Metodiste-kerksaal in Hospitaalstraat. Bel Monique by 071 402 8771.

Donderdag 24 September

’n Betowerende avontuur vir jonk en oud. Waar die sonlig op die golwe dans en die see sy geheime fluister, wag ’n verhaal vol avontuur, humor en hart. Onder die blou waters leef ’n jong meermin met ’n droom groter as die oseaan. Die Klein Meerminnetjie vertoning sal by Die Koelkamers uitgevoer word om 11:00 en 14:00. Kaartjies kos R150. Toegang is gratis vir alle kinders van Paternoster. Om te bespreek besoek www.diekoelkamers.com.

Vrydag 25 tot Sondag 27 September

Die Vereniging van Kerkkore in die Bisdom van Saldanhabaai bied vanjaar die drie – dertigste koorfees aan. Kore vanuit Citrusdal, Lambertsbaai, Weskus, Swartland, Kaapse Wynland en Kaapstad kom in Saldanhabaai bymekaar om kerkkoormusiek uit te voer. Hierdie Vereniging is gestig onder leiding van Lennie Davids, koorleier en orrelis. ‘n Uitvoering van massakoor werke word op Saterdag 26 September aangebied by die MutltiPurpose Centre om 18:00. Skoolkore van Diazville Hoërskool en Middelpos Primêre skool sal ook tydens die konsert optree. Toegang kos R50.

Vrydag 25 September

Keanan Eksteen and his band are a vibrant rock and roll group from Cape Town, South Africa and will be performing at Die Koelkamers in Paternoster. With their energetic performances and compelling stage presence, they’ve been steadily making their mark, both locally and in Europe, blending classic and modern rock. Make sure you don’t miss it. The performance starts at 19:00 and tickets cost between R207 and R345. To book visit www.diekoelkamers.com.Weskus Kallie tree by Sandbar in Langebaan op, van 19:00 tot 22:00. Skakel 076 486 4758 / 076 956 0073.

Saturday 26 September

Cupcakes of Hope at Weskus Mall from 09:00 in the Food Court. Funds raised will go towards the Cupcakes of Hope Foundation. Cupcakes will be sold for R10 each. To get involved, contact the Marketing Team on 022 703 6900.

Weskus Kallie tree op by Maanhaar in Velddrif vanaf 15:00 tot 18:00. Daarna tree hy op van 20:00 by die Veterane-trekkerskou by Moreson Malmesbury in die hooftent, tot 02:00. Bel 076 486 4758 / 076 956 0073.

Seekos en Wynfees, Yzerfontein: Geniet ‘n feestelike dag vir die hele gesin by die Yzerfontein Sportklub van 10:00 tot 16:00. Daar sal lewendige musiek, markstalletjies, kindersvermaak en ’n heerlike seekos-kookkompetisie wees.

Sondag 27 September

Kom geniet ’n spesiale Internet Sensasie-vertoning saam met Mel die Storieverteller by Strandkombuis Yzerfontein. Deure open 11:30, verrigtinge begin 12:00 en die vertoning om 13:00. Kaartjies kos R580 per persoon, insluitend ’n driegang-seekosmaaltyd. Kry jou kaartjies op Quiket of www.meldiestorieverteller.co.za of besoek die Yzerfontein toerisme kantoor.

Woensdag 30 September

Helena Hettema bring haar treffende kabaret “Helena Ontbloot” na Die Koelkamers. Die produksie, wat vanjaar by die Suidoosterfees gedebuteer het, is ‘n sielvolle kragtoer waarin Hettema haarself en haar kuns opreg blootlê. Moenie hierdie besonderse vertoning misloop nie. Kaartjies kos tussen R184 en R345. Om te bespreek besoek www.diekoelkamers.com.

Saterdag 3 Oktober

Bergrivier Jazz is weer terug. Die geleentheid het kunstenaars soos Emo Adams, Karin Kortjie, Richard Ceaser, Steyn Fourie en soveel meer op die verhoog. Dit vind by die Laaiplek-hotel om 16:00 plaas. Kaartjies kos R150. Om te bespreek besoek www.weskustickets.co.za of kontak Steyn op 083 558 4947.

Wednesday 28 October

Harbour of Wellness in Saldanha will be hosting its annual general meeting at 11:00. Everyone is welcome.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 17 September 2026
    Weslander E-Edition – 17 September 2026

Gift this article