Koorfees in Saldanha gehou

Die Vereniging van Kerkkore in die Bisdom van Saldanhabaai bied vanjaar die drie – dertigste koorfees aan. Kore vanuit Citrusdal, Lambertsbaai, Weskus,  Swartland, Kaapse Wynland en Kaapstad  kom vanaf Vrydag 25 tot Sondag 27 September in Saldanhabaai bymekaar om kerkkoormusiek uit te voer.

Hierdie Vereniging is gestig onder leiding van Lennie Davids, koorleier en orrelis.

‘n Uitvoering van massakoor werke word op Saterdag 26 September aangebied by die Mutipurpose Centre om 18:00. Skoolkore van Diazville Hoërskool en Middelpos Primêre skool sal ook  tydens die konsert optree.

Hierdie konsert beloof om musiek van hoogstaande gehalte te bied wat eerste hands ervaar moet word. Toegang kos R50.

 

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 September 2026
    Weslander E-Edition – 10 September 2026

Gift this article