Die NG Kerk Laaiplek bied sy jaarlikse Laaiplek Feesmark aan. Die fees beloof ‘n gesellige kuiergeleentheid vir die hele gemeenskap met ‘n verskeidenheid kosstalletjies, kuns, handwerk en ‘n kuiertuin.
Organiseerders nooi inwoners en besoekers uit om die Weskus-gasvryheid te kom beleef, plaaslike produkte te ondersteun en saam te geniet van die feestelike atmosfeer.
Die Feesmark vind plaas by NG Kerk Laaiplek in Velddrif. Die publiek word aangemoedig om saam met familie en vriende te kom kuier, koop en geniet.




You must be logged in to post a comment.