NG Kerk Saldanha hou basaar

Die NG Kerk Saldanha hou basaar by die Weskusskool in Saldanha. Die dag se verrigtinge begin om 09:00 met koffie, pannekoek, jaffels, samoosas en lewerkoekies. Die amptelike opening vind om 09:30 plaas, waarna verkope begin. Etes sal vanaf 10:00 beskikbaar wees. Besoekers kan uitsien na ‘n  verskeidenheid eetgoed, waaronder poeding, pasteie, gebak, potjiekos, kerrie en rys, braaivleis, hamburgers en roosterkoek. Daar sal verder ‘n marktafel, wynproe, paintball, springkastele, sandkuns en die gewilde Spin the Wheel wees.Die CFP Band sal sorg vir lewendige musiek en ekstra vermaak.Die organiseerders nooi die gemeenskap uit om die basaar by te woon en die dag saam met familie en vriende te geniet.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 29 October 2026
    Weslander E-Edition – 29 October 2026

Gift this article