Helena Hettema bring haar treffende kabaret “Helena Ontbloot” na Die Koelkamers. Die produksie, wat vanjaar by die Suidoosterfees gedebuteer het, is ‘n sielvolle kragtoer waarin Hettema haarself en haar kuns opreg blootlê.
Met voordragte uit haar gevierde debuutdigbundel, Journeyman, neem sy gehore op ‘n emosionele reis deur universele temas soos ontwaking, liefde, verlies, die dood en die uitgeworpenes.
Moenie hierdie besonderse vertoning misloop nie.
Kaartjies kos tussen R184 en R345. Om te bespreek besoek www.diekoelkamers.com.



