As produsente jaar ná jaar meer moet bestee om dieselfde hoeveelheid voedsel te produseer, maar ál minder wins oorhou, kom ekonomiese volhoubaarheid onder druk.
Kundiges meen die El Niño-weerstelsel sal nie so groot impak hê op landbougewasse nie, omdat die grondvog reserwes oor die algemeen goed lyk ná somer- en herfsreën.
“Vrystaatse boere het oor dekades heen gewys dat hulle moeilike klimaatstoestande kan trotseer,” meen Hendrik Knobel van Vrystaat Landbou.
Tydens die jaarlikse TLU SA kongres is landboupresteerders vereer, terwyl die toekoms van landbou ook bespreek is.
Voorlopige innamesyfers wys dat die Suid-Afrikaanse rosyntjiebedryf nóg ‘n uitsonderlike oesseisoen beleef het, met die 100 000 ton-kerf wat vir ‘n tweede jaar oorskry is.
Die Wes-Kaapse departement van landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme het vandeesweek ‘n uitbreking van bek-en-klouseer in Stellenbosch bevestig.
Die bevestigde gevalle van bek-en-klouseer in die Vrystaat het nou op 620 te staan gekom, nadat ‘n bykomede 12 gevalle bevestig is.
‘n Uitgelekte e-pos vanuit die minister van landbou se kantoor het landboubetrokkenes warm om die kraag weens die strekking dat die bek-en-klouseer ramp nie ernstig opgeneem word nie.
Vrystaat Landbou sê risiko-gebaseerde model teen bek-en-klouseer gaan nie vir die situasie in Suid-Afrika werk nie.