Voorlopige innamesyfers wys dat die Suid-Afrikaanse rosyntjiebedryf nóg ‘n uitsonderlike oesseisoen beleef het, met die 100 000 ton-kerf wat vir ‘n tweede jaar oorskry is.
Die Wes-Kaapse departement van landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme het vandeesweek ‘n uitbreking van bek-en-klouseer in Stellenbosch bevestig.
Die bevestigde gevalle van bek-en-klouseer in die Vrystaat het nou op 620 te staan gekom, nadat ‘n bykomede 12 gevalle bevestig is.
‘n Uitgelekte e-pos vanuit die minister van landbou se kantoor het landboubetrokkenes warm om die kraag weens die strekking dat die bek-en-klouseer ramp nie ernstig opgeneem word nie.
Vrystaat Landbou sê risiko-gebaseerde model teen bek-en-klouseer gaan nie vir die situasie in Suid-Afrika werk nie.
Jannie Strydom, hoof- uitvoerende beampte van Agri Wes-Kaap, het sakelui by ‘n vergadering van die Durbanville-Sakekamer toegespreek.
Francois Rossouw van SAAI sê hoewel die landbousektor drie belangrike veldslae gewen het in die stryd teen bek-en-klouseer, is die oorlog nog lank nie verby nie.
Boere bereken steeds die kostes van skade aan landbou-infrastruktuur nadat talle boorde, pakhuise en paaie in landelike gebiede oorstroom het.
Die impak van bek-en-klouseer op die landbousektor en ernstige uitdagings daarvan vir produsente is tydens ‘n inligtingsessie op 1 Mei buite Kroonstad uitgelig.
“Dit maak dit onmoontlik vir boere om met masjinerie die lande binne te gaan. Dit lei tot vertragings wat ‘n invloed op produksiebeplanning en logistiek het.”