TLU SA bied vanjaar vir die eerste keer ’n Jeugboer van die Jaar-kompetisie vir laer- en hoërskoolleerders aan.
Hortgro het sy operasionele betrokkenheid met Transnet verskerp en oorweeg nou formele regstappe weens voortgesette operasionele mislukkings by die Kaapstadse hawe.
Volgens die jongste BBP-syfers van Statistiek SA het die landbou-, bosbou- en visserysektor in 2025 met 17,4% gegroei teenoor 2024, verreweg die sterkste groei in die primêre sektor van die…
Die Swartland-munisipaliteit wag op uitslae van laboratoriese toetste om ‘n moontlike geval van bek-en-klouseer op ‘n plaas in die gebied te bevestig.
Bek-en-klouseer is een van die mees ontwrigtende siektes vir die suiwelbedryf, het Eduard Loubser, voorsitter van die Durbanville-landbouvereniging, gesê.
Vrystaat Landbou (VL) hoop dat pres. Cyril Ramaphosa in sy staatsrede die krisis met bek-en-klouseer in Suid-Afrika sal aanspreek.
Die hoë en toenemende voorkoms van bek-en-klouseer is ‘n ongekende krisis wat Suid-Afrika bedreig, met ‘n groot impak op die landbou en die veebedryf.
Die Universiteit Stellenbosch het ‘n kontroversiële advertensie vir junior navorsingsinsternskappe wat slegs aan swart, bruin, Indiër of Chinese Suid-Afrikaners gerig was, teruggetrek na kritiek van die VF Plus. Die universiteit…
Gevalle van Slenkdalkoors is in dele van die Noord-Kaap bevestig, en die ernstige gesondheidsrisiko’s vir dier en mens word beklemtoon.
In ‘n tyd waar familieboerdery wêreldwyd onder druk verkeer, bring VIA se splinternuwe reeks Erfenis in die grond weer hoop, trots en inspirasie terug na die plaaswerf. Hierdie stories is…