Vrydag is bekend gemaak dat nog 116 nuwe klinies bevestigde gevalle aangemeld is, met Kroonstad en Heilbron onder die gebiede wat die swaarste getref word.
Die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf kan teen die einde van Mei ’n belangrike deurbraak beleef in die stryd teen bek-en-klouseer.
Die impak van bek-en-klouseer op die landbousektor en ernstige uitdagings daarvan vir produsente is tydens ‘n inligtingsessie op 1 Mei buite Kroonstad uitgelig.
Die Hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag 28 April aksie van die minister van landbou afgedwing oor stadige vordering in finalisering van BKS-plan.
Altesaam 161 713 entstofdosisse vir bek-en-klouseer is tot dusver by 730 persele in die Wes-Kaap toegedien, wat ‘n 35%-dekking verteenwoordig.
Die Vrystaatse landbousektor het ’n belangrike regsdeurbraak beleef nadat die Hooggeregshof in Pretoria die minister van landbou, John Steenhuisen, gelas het om ’n duidelike skema vir private inenting teen bek-en-klouseer…
Altesaam 25 gevalle van Bek-en-klouseer is tot dusver in die Wes-Kaap aangemeld met 12 wat bevestig is. In reaksie hierop is ‘n uitgebreide inentingsprogram aan die gang.
Die Vrystaatse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling het vandeesweek 10 nuwe gevalle van bek-en-klouseer (BKS) in die provinsie bevestig.
‘n 10-km-beheergebied het van Maandag (9 Maart) af amptelik in werking getree nadat ‘n positiewe geval van bek-en-klouseer in die Swartland bevestig is.
Tot dusver is reeds 43 431 beeste in die Vrystaat ingeënt as deel van die noodmaatreëls om die hoogs aansteeklike siekte te stuit.